TheGrue Menu

Ons gemeente se kerkgeboue is soos 'n landmerk in Wierdapark en na aan die hart van ons lidmate. Die instandhouding daarvan is vir ons baie belangrik! Ons het daarom 'n kommissie wat na al die eiendomme omsien, in samewerking met die, wat omsien na die dag tot dag behoeftes van die terrein.

Ons is verantwoordelik vir die sekuriteit, instandhouding en versorging van die kerkterrein en -geboue met die hulp van die koster wat verantwoordelik is vir die oop- en toesluit. Die verfraaiing, skoonmaakdienste en voorbereiding van die lokale resorteer ook onder eiendomme. 'n Span van 2 ondersteuningspersoneel is verantwoordelik vir die daaglikse skoonmaak van die terrein en geboue.

Ons kerkterrein (Cotielaan 306) bevat die volgende:

• Parkeerterrein

• Kerkgebou (ongeveer 450 sitplekke)

• Konsistorie of klein saaltjie met plek vir ongeveer 150 stoele (dien ook as oorvloeilokaal indien die kerk vol is)

• Toegeruste kombuis

• Nisse

• Saal met plek vir ongeveer 330 stoele

• Gebedskamer

• Kerkkantoor in Adminsentrum

• Popcornsaal met plek vir ongeveer 120 stoele (in die Jeugsentrum)

• Jeugsentrum met verskeie lokale, insluitende 'n spreekkamer en leraars se kantore

• Gedenktuin met herinneringsmuur

• Toiletgeriewe en stoorkamers

• Moederskamer

• Boekwinkel / inligtingstoontoonbank wat die gemeente bedien

Eiendomme is ook verantwoordelik vir die professionele beplanning en bestuur van ondersteuning aan alle strategiese projekte, ter bevordering van die gemeente se visie en missie. Projekte suksesvol afgehandel in 2013/2014 sluit in:

• Installering van nuwe sekuriteitstelsel wat die wagte vervang en kostebesparing vir die gemeente teweegbring.

• Opgraderings aan die kerk se IT-stelsel en tegniese toerusting.

• Herstel van die kerk se dak.

• Aandag is gegee aan Beroepsveiligheid en Gesondheid-aspekte.

• Permanente Fasiliteitebestuurder is aangestel.

• Tuine en besproeiing is opgradeer.

• Parkeerarea is geteer en geverf.

• Algemene instandhouding is gedoen

Daar is 'n beskikbaar onder Hulpbronne

Vir bespreking van enige van die fasiliteite vir gemeentelike gebruik, kontak Elsa by die kerkkantoor 012 653 2280. Vir ander gebruik van die lokale geld die volgende huurtariewe:

GROEP

SAAL

KONSISTORIE

KOMBUIS

JEUGSENTRUM

Minder as 150 persone

R1 500

R850

R500

R850

Meer as 150 persone

R2 000

R850

R500

R850

Termynkontrakte

R90 per uur

R90 per uur

-

R90 per uur

Indien u wil betrokke raak by die Eiendomskommissie, kontak: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

DIE CORONAVIRUS EN ONS GEMEENTE.

  • Dienste
    Vanaf Sondag, 22 Maart tot na Paasfees 14 April 2020, hou ons saam kerk aanlyn. Op die manier kan jy steeds deel wees van Kerk-in-Suid se diensbelewenis.Die diens sal beskikbaar wees Sondae vanaf 7 uur op al ons aanlyn platvorms. Dit sal ook daarop bly, indien jy dit op 'n latere stadium wil kyk.
     
  • Kommunikasie
    Daar sal deurlopend kommunikasie deurgegee word op al ons sosiale platvorms soos Facebook, Instagram, Youtube, en ons webwerf.
     
  • Sosiale Geleenthede
    Alle byeenkomste word gestaak tot na Paasfees 14 April 2020, ons sal nader aan die tyd nuwe kommunikasie deurgee.
     
  • Ondersteunings netwerk
    In hierdie tyd moet ons as Christene mekaar ondersteun en bystaan. As Kerk-in-Suid wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Ons leraars is gedurende hierdie tyd heeltyd beskikbaar, kontak ons gerus op 081 050 3363 vir enige pastorale bystand. Die kerkkantoor sal ook deurlopend oop wees.

     
  • Live@7
    In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien. Daarom gaan ons leraars op Woensdae aande om 19h00 op Facebook live connect en met mekaar God se woord deel in gesprek en kommentaar. Ons is baie opgewonde oor die aangeleentheid en hoop dat julle almal sal inskakel
     
  • Bedieningswerk
    Kerk-in-Suid gaan voort met al ons bedienings werk, en vra julle finansiële bystand en ondersteuning om te verseker dat ons die visie van Kerk-in-Suid kan aanhou uitleef na die gemeenskap binne en na buite.

    Bydrae kan steeds gemaak word deur middel van Internet Inbetalings, Debietorders of Snapscan. Indien jy kontant wil bydra, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP