TheGrue Menu

Die doel van die Kommunikasiebediening is om toe te sien dat relevante inligting oor/van die gemeente op die regte tyd oorgedra word aan die belanghebbendes (gemeentelede sowel as nie-gemeentelede). Dit sluit in die skep en optimale benutting van beskikbare multimedia kommunikasiekanale. Dit bied ondersteuning aan al die verskillende Bedieninge en aktiwiteite van die gemeente.

Die dienste/werksaamhede van die Kommunikasiebediening sluit in: • Skep van logo's en bestuur van identiteit/handelsmerk. • Skep van grafika vir advertensies, funksies, kwartaaltemas, ens. • Taalversorging van afkondigings, Wierdafokus, Petros, pamflette, webtuiste, ens. • Bedryf en opdatering van die webtuiste. • Bestuur SMS-diens en facebook kanale. • Neem van foto's en videos by gemeentefunksies. • Publisering van die Petros Nuusbrief. • Publisering van kalender(s). • Druk van baniere. • Kennisgewingborde. • Advertensie beleid – sien Advertensie Beleid

Die kommunikasiekanale word as volg aangewend:

KANAAL

HOOFDEEL

FREKWENSIE

Papier afkondigings

Bemarking & vormpies

Weekliks

Erediens skyfiereeks

Bemarking van prioriteite

Weekliks

Wierdafokus (e-pos)

Inligting & bemarking

Weekliks

Petros

Verslaglewering/terugvoer

Kwartaalliks

Almanak

Beplanning

Jaarliks/kwartaalliks

SMS-boodskappe

Herinner/nood

Ad hoc

Verjaardaglys

Inligting

Weekliks

Facebook

Interaksie & inligting

Dinamies

Whatsapp

Aksie spesifieke reëlings

Ad hoc

Webtuiste

Al bogenoemde & meer

Dinamies

Kennisgewingbord (pad)

Algemene inligting

Kwartaalliks

Kennisgewingborde (terrein)

Detail & buite funksies

Ad hoc

Let Wel: Die nuwer weergawes van die afkondigings, Preke en Wierdafokus is beskikbaar onder Laai Af. Die video opname is onder gedagte van die week.

Vir die doeltreffende werking van kommunikasie, geld die volgende spertye: • Wierdafokus – inligting moet op die laatste vroeg Maandagoggend by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  wees vir die Dinsdaguitgawe. • Afkondigings (papier en elektroniese skyfies) – inligting moet op die laatste Woensdagmiddag by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. wees vir die komende Sondag. • SMS – aanvraag vir buitengewone SMS-boodskappe moet 'n werksdag voor die tyd by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  aangevra word.

Ons gee tans saam met Eiendomme aandag aan die behoefte van Wi-Fi op die kerkterrein.

Ons wil op so 'n wyse kommunikeer dat die kommunikeerder of sender dít wat hy wil oordra, suksesvol oordra en die ontvanger dít hoor wat hy moet hoor. Indien u betrokke wil raak of terugvoer het kontak: Ds Johan by 072 735 8811 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

DIE CORONAVIRUS EN ONS GEMEENTE.

  • Dienste
    Vanaf Sondag, 22 Maart tot na Paasfees 14 April 2020, hou ons saam kerk aanlyn. Op die manier kan jy steeds deel wees van Kerk-in-Suid se diensbelewenis.Die diens sal beskikbaar wees Sondae vanaf 7 uur op al ons aanlyn platvorms. Dit sal ook daarop bly, indien jy dit op 'n latere stadium wil kyk.
     
  • Kommunikasie
    Daar sal deurlopend kommunikasie deurgegee word op al ons sosiale platvorms soos Facebook, Instagram, Youtube, en ons webwerf.
     
  • Sosiale Geleenthede
    Alle byeenkomste word gestaak tot na Paasfees 14 April 2020, ons sal nader aan die tyd nuwe kommunikasie deurgee.
     
  • Ondersteunings netwerk
    In hierdie tyd moet ons as Christene mekaar ondersteun en bystaan. As Kerk-in-Suid wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Ons leraars is gedurende hierdie tyd heeltyd beskikbaar, kontak ons gerus op 081 050 3363 vir enige pastorale bystand. Die kerkkantoor sal ook deurlopend oop wees.

     
  • Live@7
    In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien. Daarom gaan ons leraars op Woensdae aande om 19h00 op Facebook live connect en met mekaar God se woord deel in gesprek en kommentaar. Ons is baie opgewonde oor die aangeleentheid en hoop dat julle almal sal inskakel
     
  • Bedieningswerk
    Kerk-in-Suid gaan voort met al ons bedienings werk, en vra julle finansiële bystand en ondersteuning om te verseker dat ons die visie van Kerk-in-Suid kan aanhou uitleef na die gemeenskap binne en na buite.

    Bydrae kan steeds gemaak word deur middel van Internet Inbetalings, Debietorders of Snapscan. Indien jy kontant wil bydra, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP